Rol vir spanbou

LEPHALALE — Rolbal is ʼn sosiale sport wat deur oud en jonk gespeel en geniet kan word. Mogolrolbalklub bied ook funksies by die bane aan wat ideaal is vir spanbousessies. Daar is braaigeriewe, ʼn kontantkroeg en verversings op aanvraag beskikbaar.

T Systems, ʼn kontrakteursmaatskappy wat op Medupi Kragstasie werksaam is, het Donderdag 14 Junie na afloop van ʼn werksverwante veiligheidsvergadering ʼn spanbousessie by Mogol se rolbalbane gehou en heerlik ontlaai na weke se harde werk.

Skakel Linton of Ella Burger by 083 657 4089 of 082 895 9477 vir meer inligting. Sluit gerus by die klub aan – daar is balle vir oefen beskikbaar!

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.