Rolbalnuus

Stompie en Dorette

LEPHALALE — Lede van Mogol rolbalklub het 11 November te Bela-Bela aan ʼn toernooi vir gemengde pare deelgeneem. Stompie Venter en Dorette Wells het deurgedring na die volgende ronde wat die komende naweek, 18 en 19 November te Pietersburg rolbalklub plaasvind. Die klub wens hulle sterkte toe.
Linton Burger, voorsitter van Mogol rolbalklub, nooi alle belangstellendes uit om ʼn draai by die rolbalklub te maak. Balle vir oefening is beskikbaar. Skakel Linton of Ella by 083 657 4089/082 895 9477 vir enige verdere inligting.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.