
LEPHALALE – Vier van Mogolklub se rolballede wat Limpopo verteenwoordig, het op 7 en 8 Oktober aan wedstryde teen Gauteng deelgeneem te Lekkerbreek naby Modimolle.
Volgens Linton Burger, voorsitter van Mogolrolbalklub was die wedstryde in goeie gees gespeel. Baie nuwe vriende is gemaak en soos altyd het hulle baie geleer.
Die rolbalklub nooi belangstellendes om Linton of Ella te kontak by 083 657 4089 of 082 895 9477.
Balle is by die klub beskikbaar vir oefening.