Rugbyvreugde na Affies-oorwinnings

LEPHALALE — Die rugbyspanne van Hoërskool Ellisras het Saterdag 6 April op tuisveld teen spanne van die Afrikaanse Hoër Seunskool (Affies) kragte gemeet. Alhoewel die Affiespanne nie almal A-spanne was nie, sê die afrigters dié stadsjapies het die Bosveldseuns lelik onderskat.

Die o. 14-rugbyspan van EHS het Affies gewen met 43-5

EHS se o. 14A-span wen 43-5, die o. 14B-span wen 15-12, die o. 16’s wen
33-10 en die tweede span wen 24-12.

Die spanning het hoog geloop tydens die eerste spanne se wedstryd maar Conrad Prinsloo van EHS het die wendrie onder luide aansporing en gejuig in die laaste paar minute gedruk.

Die gemeenskap word uitgenooi om die spanne van Hoërskool Ellisras Saterdag 13 April te gaan ondersteun waar hulle op tuisveld teen die spanne van Hoërskool Ben Viljoen gaan deelneem. Heerlike verversings word beloof.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.