Ry saam bergfiets!

Dawie-fiets-IMG-20160411-WA0003

Ria Wells
LEPHALALE — Dawie Grobbelaar het hierdie jaar verhuis na Lephalale en is tans ‘n Gr. 10 leerder aan Hoërskool Frikkie Meyer op Thabazimbi. Sommige lesers sal die jonge Dawie onthou as die wenner van die Tour de Bos fietswedren tydens verlede jaar se Bosveldfees.
Hy is ‘n kranige bergfietsryer en behoort aan die Soutpansberg Fietsryklub. Dawie het Saterdag 9 April 2016 deelgeneem aan die Limpopo XCO Cup Series 2016 te Louis Trichardt en het tydens dié wedren uitgeblink en is eerste oor die wenstreep met ‘n tyd van 55:58:01.
Dawie was ‘n oud Grey Kollege-leerder in Bloemfontein waar sy fietsryloopbaan begin het en hy homself onderskei het as ‘n bergfietsryer met murg in sy pype en talle prestasies behaal het.
Hy wil graag ander kinders uitnooi om ook aan dié sport deel te neem en oor naweke saam met hom te oefen. Kontak Dawie by 061 618 0427 om meer uit te vind.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.