Semi’s wink vir rugbyseuns

LEPHALALE — Hoërskool Ellisras se o. 15- en o. 16-rugbyspan het die afgelope naweek aan die kwarteindronde van die Virsekerbeker-toernooi deelgeneem en albei spanne het hulle wedstryde gewen. Die semi-finaal lê nou voor.

Die o. 16-rugbyspan van Hoërskool Ellisras speel Saterdag 11 Augustus in die semi-finaal vir die Virsekerbeker-trofee

Die o. 15’s het Saterdag 4 Augustus op tuisveld teen die span van Hoërskool Rob Ferreira meegeding en die wedstryd gewen met ʼn telling van 27-13.

Drieë is gedruk deur Gerhard Moller, RF Schoeman en Molifi Maroba. Mynhardt du Plessis slaag met drie doelskoppe en twee strafskoppe.

Hulle speel Saterdag 11 Augustus in Pretoria in die semi’s teen die span van Hoërskool Overkruin in Pretoria.

Die o. 16’s het in Randburg teen Hoërskool Randburg-Wes gespeel en hulle wen met ʼn telling van 17-7. Drieë word gedruk deur JP van Staden, Janco Lotter en Elmo van Rooyen elk een en die doelskoppe is waargeneem deur Ruan Basson.

Hulle speel in die semi’s teen die span van Hoër Volkskool Heidelberg op tuisveld.

Die gemeenskap word versoek om die o. 16’s asseblief Saterdag 11 Augustus by die skool te gaan ondersteun!

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.