Sewes-sterre terug

Sewespelers van formaat – Andreas en Ruan
Sewespelers van formaat – Andreas en Ruan

Leoni Kruger
LEPHALALE — Andreas van Zyl (18) en Ruan Basson (14) van Hoërskool Ellisras het vanaf 30 November tot 9 Desember as deel van die nasionale Bokkie-Sewespan aan ‘n toernooi in Portugal deelgeneem en baie goed gevaar.
Die o. 14-Bokkiespan wen 10 van hulle 12 wedstryde en die o. 19-Bokkiespan wen 9 van die 12 wedstryde wat hulle gespeel het. Die drie wedstryde wat hulle verloor het, was teen die o. 21-spanne van Portugal.
Die twee manne is bly om terug te wees vanuit die gure winterweer en hulle sê dit was ‘n ondervinding van ‘n leeftyd.
Die eerste wedstryd is op sintetiese gras gespeel so niemand het vuil geword nie, maar die tweede wedstryd is op ‘n “modderveld” gespeel en hulle was behoorlik vuil.
Hulle het net na hul aankoms reeds op 1 Desember hulle eerste drie wedstryde gespeel, waarna hulle drie dae af gehad het. Van daar af het hulle elke dag drie wedstryde gespeel.
Andreas gaan volgende jaar aansluit by Nelspruit Eco Training vir ‘n jaarkursus om ‘n professionele veldgids te word en Ruan is volgende jaar in graad 9.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.