Sewesspan gee pas aan

sewes

Fransa de Beer
LEPHALALE — Hoërskool Ellisras se sewesrugbyspan het Saterdag 17 September in Tzaneen aan ‘n sewestoernooi deelgeneem. Hulle wen teen Hoërskool Ben Viljoen 28-12, Hoërskool Louis Trichardt 31-7, Hoërskool Frans du Toit 31-14 en verloor naelskraap teen Hoërskool Frikkie Meyer met ‘n telling van 5-10.
Drieë vir die dag word gedruk deur Divan Geldenhuys 6, Tokkie de Beer 4, GP du Preez 4, Ruan Basson 3, JP van Staden 2 en Drian Janse van Vuuren, Cameron Bronkhorst en MC Steenekamp elk een.
Daar word vertel dat Divan naderhand baie vrygewig was met sy drieë! As hy by die doellyn kom dan wag hy vir die span om by te kom en gee aan ‘n ander speler aan om ook ‘n drie te druk!

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.