Skitterende skuts

Hennie en Werdie – skuts van formaat
Hennie en Werdie – skuts van formaat

LEPHALALE — Hennie en Werdie van Staden van Mogol Nyala Boogklub het die afgelope naweek (18 en 19 Junie) te Hartbeespoortdam deelgeneem aan die Sedibeng Bow Hunter-kampioenskappe afstandskat tot 60 jaart.
Werdie neem deel in die AMFU (Adults Male Freestyle Unlimited) en wen die eerste dag met ‘n baie goeie telling van 532 uit 560. Hy skiet die tweede dag ‘n uitstekende 426 uit 440 en word aangewys as die beste skut van albei dae.
Hennie neem deel in die AMBU (Adults Male Bow Hunter Unlimited) (met pennetjies). Hy behaal die eerste dag ‘n baie goeie wentelling van 513 uit 560 en hy skiet die tweede dag 383 uit 440.
Dié gedugte pa-en-seunspan se vier tellings oor die twee dae is nasionale kwalifiserende tellings.
Die volgende kampioenskap, naamlik die Noordwes Bow Hunter-kampioenskappe, vind die eerste naweek in Julie in Potchefstroom plaas.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.