@Sold gee ruim vir Rassies

LEPHALALE — Francois Campher, mede-eienaar van die @Sold Eiendomme, het Dinsdag 28 Maart sportsakke en hemde oorhandig aan JP van Staden, afrigter van die o. 11-rugbyspan van Laerskool Ellisras, en sy span.
Dié borgskap is ‘n lekker meevaller vir die span se toer na Noordwes gedurende die komende skoolvakansie.
Van Staden het gesê dit sal vir die span ‘n voorreg wees om Laerskool Ellisras en Lephalale te verteenwoordig in hulle rooi en wit @Sold-rugbyhemde en bloedrooi sportrugsakke.
Tydens die oorhandiging het Campher vir Anton du Plessis, skoolhoof, gesê dat @Sold Eiendomme as ‘n plaaslike besigheid wat spesialiseer in eiendomsverkope en verhuring in Lephalale, trots is om reeds vir die afgelope dekade te belê in ‘n plaaslike skool en sportsterre van die toekoms.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.