Sosiale rolbal

LEPHALALE — Matimba Kragstasie het verlede week die insiatief aan die dag gelê en van die Eskom-dames op ʼn sosiale uitstappie, ter viering van Vrouemaand, by Mogolklub se rolbalbane getrakteer.
Die dames het van die geleentheid gebruik gemaak om hul hande aan die rolbalballe te waag. Lede van die rolbalklub het hulle touwys gemaak en daar was blykbaar hope talent onder hulle.
Volgens Linton en Ella Burger van die rolbalklub is enige persoon, organisasie of besigheid welkom om sosiale – of spanboufunksies by die rolbalbane te hou. Afrigting kan gereël word.
Skakel Linton by 083 657 4089 of Ella by 082 895 9477 vir enige navrae.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.