Spansport floreer

Fransa de Beer
LEPHALALE — Hoërskool Ellisras se sportspanne het Saterdag 3 Junie aan ‘n vriendskaplike sportdag by Hoërskool Nylstroom deelgeneem. Die spanne het almal goed gevaar.
Die o. 14-hokkiespan teken in die eerste minute van die wedstryd twee doele aan.
Die eerste rugbyspan wen 17–15 na ‘n harde wedstryd. Die tweede span wen 15–10 en die o. 15-span wen 29–0.
EHS speel die naweek van 10 Junie ligawedstryde vir medium skole te Thabazimbi. Ander deelnemende skole is Hoërskole Frikkie Meyer, Tom Naude en Ellisras.
Die skool wens die spanne sterkte toe.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.