Sportsterre vereer

Ria Wells
LEPHALALE – Verskeie sub-seksies en individuele lede van Mogolklub is Dinsdagaand vereer tydens die Sportster van die Jaar-funksie vir topprestasies en toewyding gedurende 2015. Brons -, silwer – en goue medaljes asook trofeë is oorhandig.
Trofeë:
• Matimba Kragstasie-trofee vir Administrateur van die Jaar is deur mnr. Johan Wepener van Exxaro aan Simone Hearne van die Netbal-subseksie, oorhandig.
• Medupi Kragstasie-trofee vir Beampte van die Jaar is deur mnr. Johan Prinsloo van Medupi aan Elize Grobler oorhandig. Sy het opgetree as internasionale beampte by die Suid-Afrikaanse stoeikampioenskappe in Griekeland. Elize dien ook op die SA Raad vir Stoei.
• Die Lephalale Munisipaliteit-trofee vir Mogol Sportsubseksie van die Jaar het gegaan aan die skietsubseksie vir goeie bestuur, groei in ledetal, administratiewe effektiwiteit en inisiatiewe aan die dag gelê om deelname te bevorder, asook die ontwikkeling van juniors. Me. Edith Tukakgomo, munisipale bestuurder, het die trofee aan Hendrik van Zyl, voorsitter van die skietsubseksie, oorhandig.
• Die Molalatau Lodge-trofee vir Junior Sportvrou van die Jaar gaan aan Lenanda van der Watt vir haar prestasie as nommer 1 op die ranglys van dames gholfspelers in Limpopo en 18e in Suid-Afrika.
• Die Machauka Lodge-trofee vir Junior Sportman van die Jaar is oorhandig aan Dario Geyser wat gekwalifiseer het op vlak 3 van die SA Swemkampioenskappe asook die SA Jeugspele. Hy het ook gekwalifiseer in die SA Senior kortafstand kampioenskappe.
• Die Mogol Pos-trofee vir Senior Sportvrou van die Jaar is deur Ria Wells van Mogol Pos aan Benice Geyser van die Marathon- subseksie oorhandig. Benice behaal ‘n agste plek in die 24 Hour World Championships en is tans Suid-Afrika se nommer 1 dame in die 24 Hour Running.
• Die Domitor Drukkers-trofee vir Senior Sportman van die Jaar is deur mnr. Johan Wepener oorhandig aan Werdie van Staden. Werdie wen ‘n goue medalje by die IFAA Wêreld Boogskut-kampioenskappe.
• Die Elite Mica-trofee vir Veteraan Sportvrou van die Jaar is oorhandig aan Jolande Viljoen. Jolande het goud vir hoogspring en silwer in die 800 meter by die SA Meesters Atletiekkampioenskappe verdien. Mnr. Johan Wepener het die trofee oorhandig.
• Die Lewies en Kitching-trofee vir Veteraan Sportman van die Jaar is oorhandig aan Hennie van Staden. Hennie verdien ‘n silwer medalje tydens die IFAA Internasionale Boogskietkampioenskappe. Jannie Lewies het die trofee oorhandig.
• Die Ben Alberts-trofee vir Sportster van die Jaar 2015 is oorhandig aan Werdie van Staden wat wêreldkampioenstatus verwerf het in die Adult Male Freestyle Unlimited Bowhunting-afdeling.
Spesiale erkenning:
Spesiale erkenning is gegee aan die volgende persone wat op internasionale vlak gedurende 2015 deelgeneem het:
Elize Grobler tree op as SA Beampte tydens die Wêreld Meesters Stoeikampioenskappe in Griekeland.
Adie van Zyl verteenwoordig SA by die Wêreld Kadet Stoeikampioenskappe.
Amos Thamaga verteenwoordig die SA Nasionale Rugbyspan vir Dowes in twee toetse teen Wallis.
Vleis Nortje ontvang Nasionale kleure vir mansringbal.
Christelle Swanepoel verteenwoordig die SA-Damesringbalspan in toetse teen Namibië.
Benice Geyser neem deel aan die 24 Hour World Championships in Hong Kong.
Thys Smith is gekies om die SA Protea-span in Gevegskuns (Martial Arts) te verteenwoordig vir die komende Wêreldkampioenskappe in 2016.
Hanlie van Zyl is gekies om die SA-Ontwikkelingspan te verteenwoordig tydens die komende Wêreldkampioenskappe in 2016 in Gevegskuns (Martial Arts).
Juritza Kruger is gekies om SA-Presidentspan te verteenwoordig tydens komende Wêreldkampioenskappe in Gevegskuns (Martial Arts).
Beide Hennie en Werdie van Staden, die bekende pa-en-seun boogskuts van die Mogol Nyala Boogklub, verteenwoordig SA by die IFAA Wêreldboogskietkampioenskappe in Hongarye.
Die gemeenskap kan met reg trots wees op hierdie topsportmanne en –vroue in eie geledere. Hulle hou Lephalale se naam hoog deur middel van die Mogolklub wat hierdie fantastiese platform bied.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.