Swartwatergimnaste na SA’s

SWARTWATER — Die gimnaste van Swartwater Gimnastiekklub het 7 en 8 September aan die Limpopo-kampioenskappe deelgeneem.

Die vlak 4-seungimnaste saam met hoofafrigter Yolande Vos is van links: Bismarck van Blerk en Nick en Juan Jones

Al die vlak 4- en 5-dogtergimnaste en vlak 4-seungimnaste het gekwalifiseer en hulle is gekies vir die Limpopospan wat die provinsie in Oktober vanjaar by die SA’s te Mat Sport in Eldoraigne in Pretoria gaan verteenwoordig.

Afrigters Yolande Vos en Melissa Gouws wens hulle net die beste toe vir die SA’s.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.