SWARTWATER — Swartwater Gimna-stiekklub se vlak 4-seuns het in Augustus aan hulle eerste kompetisie by die Mat Sportsentrum in Eldoraigne, Pretoria, deelgeneem.
Daar was 27 deelnemers in dié seuns se ouderdomsgroep en Juan Jones, Jadrin van Blerk en Neil Smit behaal onderskeidelik ʼn vierde, sewende en twaalfde plek.
Op die foto is Melissa Gouws, hulpafrigter, Jadrin, Juan, Niel en Yolande Vos, hoofafrigter.