Swemmers van formaat

LEPHALALE — Hoërskool Ellisras se swemklub was Saterdag 1 September een van vyf klubs wat aan ʼn swemkompetisie by Mogolklub deelgeneem het en hulle behaal ʼn algehele tweede plek.

GJ Roets (seuns o. 16), Nicolas Louw (seuns o. 13) en Bianca Nel (dogters o. 16) van EHS was wenners in hulle onderskeie ouderdomsgroepe.

Nicolas Louw wen verder vyf goue medaljes vir die 50 m en 100 m vlinderslag, 50 m en 100 m vryslag en 200 m individuele wisselslag. Hy wen ook silwer medaljes vir die 50 m en 100 m rugslag en 50 m en 100 m borsslag.

GJ Roets wen agt goue medaljes vir die 50 m en 100 m vlinderslag, 50 m en 100m vryslag en 50 m en 100 m rugslag. Hy behaal ook ʼn eerste plek in die 100 m borsslag en 200 m individuele wisselslag en ʼn tweede plek in die 50 m borsslag.

Bianca Nel wen drie goue medaljes vir die 50 m vryslag, 50 m vlinderslag en 50 m rugslag en sy behaal ʼn tweede plek in die 50 m borsslag.

Tayla Vos het vier goue medaljes gewen vir 50 m en 100 m vryslag en die 50 m en 100 m borsslag.

Nicole Meyer behaal drie tweede plekke vir die 200 m individuele wisselslag, en 50 m en 100 m vlinderslag. Anika de Klerk wen goud vir die 100 m rugslag, silwer vir die 50 m en 100 m vryslag en sy behaal ʼn derde plek in die 50 m rugslag. Adele Booysen wen goud vir die 50 m en 100 m borsslag en behaal ʼn tweede plek in die 50 m vlinderslag en ʼn derde plek in die 50 m kruipslag.

Dries van Heerden behaal ʼn tweede plek in die 50 m rugslag en ʼn derde plek in die 100 m rugslag.

Enzo Mynhardt behaal ʼn derde plek in die 50 m rugslag en Clarissa Booysen behaal ʼn tweede plek in die 50 m kruipslag.

Kayla Hefer wen twee silwer medaljes vir die 50 m en 100 m borsslag en Kristi Kaiser behaal ʼn derde plek in die 50 m rugslag.

Kayla Joseph wen ʼn goue medalje vir die 200 m individuele wisselslag en die 100 m vlinderslag. Sy behaal ook ʼn tweede plek in die 50 m rugslag. Andre Straus wen brons vir die 50 m en 100 m borsslag, Zinta van Staden wen brons vir die 50 m borsslag en Brandon Perrier wen brons vir die 100 m rugslag.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.