Swemmers van formaat

Dario
Dario
GJ
GJ

Fransa de Beer
LEPHALALE — Dario Geyser en GJ Roets neem gedurende die vakansie deel aan die SA Swemkampioenskappe (tot ouderdom 19) in Port Elizabeth waar ongeveer 680 swemmers op vlak 3 meeding.
Dario (16) behaal ‘n derde plek in die 100 m vlinderslag en ‘n vierde plek in die 50 m vlinderslag. Hierdie belowende swemmer vertrek eersdaags na Dubai om te probeer kwalifiseer vir die Olimpiese Spele.
GJ Roets neem in die 13 jaar ouderdomsgroep deel en behaal twee agtste plekke in die 100 m en 50 m vryslag en ‘n vierde plek in die 50 m vlinderslag.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.