Tour de Bos-uitslae

Alpheus Maduna het die splinternuwe KTM bergfiets gewen

Ria Wells
LEPHALALE – Twee-en-sestig Tour de Bos-deelnemers was Saterdagoggend 08:00 slaggereed vir die 45 en 30 kilometer bergfietsroete wat op hulle gewag het. Die roete is noukeurig uitgelê waarvan sommige dele teerpad en die res gewissel het tussen matig tot monsteragtige veld. ‘n 5 km “kiddies ride” het ‘n halfuur later gevolg.
Die uitslae van die wenners in die verskillende kategorieë is as volg:
60 km Man – Johan Jooste
60 km Vrou – Luzelle Pretorius
30 km Man – Dawie Grobbelaar
30 km Vrou – Rika van der Walt
30 km Junior Seun – Goodenough Mosima
30 km Junior Dogter – Dipuo Mokinisi
60 km Junior Seun – Jandrew du Preez
Tydens die prysuitdeling in die bosveldfeestent het die spanning hoog geloop toe die fiets wat deur Cycle Lab geborg is ‘n baas moes kry. Die kunstenaar, Marulaboom, het die pryse oorhandig. Die wenner van die fiets is deur die opskiet van ‘n muntstuk bepaal en die gelukkig wenner is die agtienjarige Alpheus Maduna en lid van die Exxaro-span.
Dolla Koltzöw wat die Tour de Bos gereël het bedank elkeen vir hul bydrae asook vir Yvette Malan Eiendomme wat die trofeë geborg het.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.