Tyd vir tennisliga

W Viviers
LEPHALALE — Laerskool Bosveld Primary se tennisspelers het Woensdag 2 Augustus hulle eerste ligawedstryde teen Laerskool Warmbad op tuisveld gespeel.
Die A-span het van die begin af goed gedoen en Manu van Seventer en Sameul Leahy het skoonskip gemaak met hulle enkel- en dubbelspelwedstryde. Tamia Oakes en Leané Snyman wen ook hul enkel- en dubbelspelwedstryde.
Die B-span het met uitstekende tennis hulle plek as wenners van die dag verdien. Daniel Leahy en Edward Johnson tree as kampioene uit die stryd deur albei dubbelspelwedstryde te wen. Wilmi van Rooyen wen haar wedstryd met mening en Wilmi van Rooyen en Precious Mamabolo maak hul merk as dubbelspelkoninginne van die dag.
Die afrigters sê hulle is baie trots dat die spelers die seisoen op so `n positiewe noot begin.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.