Underdogs sit ore aan

Die Underdog-wenners
Die Underdog-wenners

LEPHALALE — Almal het altyd ‘n sagte plekkie vir ‘n “underdog”-span en dit is weer Vrydagaand 14 Oktober by die aksiekrieket bewys.
‘n Era is Vrydagaand afgesluit vir aksiekrieket by Mogolklub, aangesien die area skuif na SrixZone Health & Fitness. Die Underdogs het dié era behoorlik afgesluit en goud gevat. Hulle het die arena as trotse wenners gegroet na ‘n ongelooflike oorwinning van 92 teenoor 27 teen die RB Titans.
Die Underdog-spanlede, James, Joey, Nico, Matt, Tom, Markus, Ricky, Pieter en AJ, sê hulle voel geëerd om reeds vir die afgelope ses seisoene deel te wees van die span en hulle is baie opgewonde oor die nuwe seisoen wat voorlê by SrixZone Health & Fitness.
Hulle sê hulle stap weg met “bragging rights” en is reg om die nuwe seisoen met al die nuwe spanne in sy volle glorie aan te pak.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.