
Leoni Kruger
SWARTWATER — Die atlete van Laerskool Unitas wat onlangs by die streekskampioenskappe te Mokopane eerste plekke behaal het was Leané Botha (dogters o.13) vir hoogspring, Shané Botha (dogters o.13) 200 m en 75 m hekkies en verspring, Jadrin van Blerk (seuns o.11) hoogspring en verspring. Jadrin behaal ook ‘n derde plek in 70 m hekkies.
Paula Horn (dogters o.12) het ‘n derde plek in gewigstoot en ‘n vierde plek in skyfwerp behaal.
Die atlete wat deurdring na die Limpopokampioenskappe wat op 26 Februarie by die Peter Mokaba-stadion in Polokwane deelneem is Shané, Paula, Leané en Jadrin.
Die skool is baie trots op dié uitblinker-atlete en hulle hou duim vas vir die Limpopokampioenskappe.