Unitas-gimnaste blink uit

SWARTWATER — Die lede van Swartwater Gimnastiekklub (almal is leerders van Laerskool Unitas) het die gimnastiekseisoen op 4 Junie afgeskop met deelname aan die klubkampioenskappe by TSG (Tshwane School of Gymnastics) in Pretoria. Daar is teen 13 ander klubs met 530 gimnaste meegeding.
Puik uitslae is deur die Swartwater gimnaste behaal met talle eerste plekke op apparate. Die Swartwater dogterspan het ‘n tweede plek behaal in die kompetisie wat oor twee dae gestrek het.
Uitslae vir die finale punte vir vier apparate is as volg:
Vlak 1 seuns o.10: Reino Jonker (eerste plek) en Marnus van Greunen (tweede plek). Vlak 2 seuns o.8: Nick Jones (tweede plek).
Vlak 3 seuns o.10: Jadrin van Blerk (eerste plek) en Juan Jones (tweede plek).
Vlak 1 dogters o.8: Carla Booyse (eerste plek).
Vlak 1 dogters o.11: Carike Nel (eerste plek) en Aleyneh Pienaar (derde plek).
Vlak 2 dogters o.8: Lisa O’ Neill (eerste plek).
Vlak 2 dogters o.9: Lara van Staden (eerste plek en Zane Janse van Vuuren (tweede plek).

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.