Unitas is ligawenners!

Leoni Kruger
SWARTWATER — Unitas Laerskool Swartwater se o. 9-rugbyspan is aangewys as Limpopo o. 9-ligawenners vir klein skole in 2017.
Die afrigters is baie trots op dié seuns en hulle sê wat dit meer besonders maak is dat daar net 14 seuns in die span was omdat ‘n graad 1-seun volgens die “BokSmart” reëls, nie toegelaat was om te speel nie.
Daar is net 15 o. 9-kinders in Laerskool Unitas – een in graad 1, sewe in graad 2 en sewe in graad 3.
Die Laerskool Unitasspan het in die semi-finaal gespeel teen Drakensig en hulle wen 24 – 5. Hulle wen die finaal teen Mariepskop met ‘n telling van 15 – 0 nadat Mariepskop ‘n loslootjie in die semi’s gekry het.
Die skool en afrigters wens die kinders geluk met hulle groot prestasie en hulle bedank die ouers vir hulle volgehoue ondersteuning en toewyding.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.