Van Staden duo nou 3

Die drie wenners van Mogol Nyala Boogklub is Hennie, Christiaan en Werdie
Die drie wenners van Mogol Nyala Boogklub is Hennie, Christiaan en Werdie

Leoni Kruger
LEPHALALE — Die Mogol Nyala Boogklub se Van Staden-duo het verlede week ‘n jong lid saamgeneem na die ABO-kampioenskappe in Roslynn Pretoria en hy blyk ook ‘n wenner te wees!
Hennie en Werdie van Staden en die jonge Christiaan Bronkhorst (9) het almal puik gevaar uit die sowat 300 skuts en Mogolklub se naam hoog gehou.
Werdie neem deel in die MBO-afdeling afstandskat tot 50 jaart en skiet die eerste dag 200 uit 220 en 199 uit 220 die tweede dag. Hy is beste skut van albei dae en ontvang ‘n goue medalje. Werdie is dus die Triple Crown Wenner vir die Jaar maar hy sal sy toekenning eers tydens die Suid-Afrikaanse-kampioenskappe ontvang wat op 18 en 19 November te Magnum Archery in Pretoria gehou word.
Hennie neem deel in die MSR-afdeling afstandskat 45 jaart. Hy skiet die eerste dag 190 uit 220 en die tweede dag 186 uit 220. Hy is in sy afdeling dus ook Triple Crown Wenner vir die Jaar.
Christiaan neem deel in die Future Hunters-afdeling (tot en met 9 jaar oud) afstandskat 15 jaart. Hy is een van drie deelnemers in sy afdeling. Christiaan skiet 157 uit 220 op die eerste dag en 138 uit 220 op die tweede dag en hy word aangewys as wenner van die afdeling. Hennie, wat Christiaan afrig, sê hy is ‘n mannetjie om dop te hou en hy is baie trots op hom.
Die volgende kompetisie, die 3D-kompetisie afstandskat 60 jaart, vind op 8 en 9 Oktober plaas.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.