Van Stadens by ABO’s

Hennie, Amanda en Werdie

LEPHALALE — Ongeveer 350 skuts van regoor die land het die naweek van 11 en 12 Februarie aan die African Bow Hunters Ope (ABO) kampioenskappe by Magnum Archery in Pretoria deelgeneem en die Van Staden-dio was daar.
Werdie van Staden neem deel in die Male Bow Hunters Ope afstandskat tot 50 jaart en hy skiet die eerste dag ‘n uitstekende wentelling van 202 uit 220. Hy maak weer so op die tweede dag en skiet ‘n wentelling van 204 uit 220. Hy wen goud in die eerste been van die ABO-kampioenskappe.
Amanda Mostert, Werdie se verloofde en self ‘n kranige boogskutter van Bela-Bela, sal vanaf November vanjaar ook by die Mogol Nyala Boogklub aansluit. Amanda het die vroue-afdeling op albei dae gewen (afstandskat 40 jaart) en sy kan net ‘n groot aanwins vir die Nyala-boogklub wees.
Hennie van Staden neem deel in die Male Senior Release (MSR) afdeling afstandskat tot 45 jaart. Hy skiet op die eerste dag 194 uit 220 en die tweede dag 181 uit 220. Hy sê dit was vir hom ‘n swaar dag en hy ontvang ‘n brons medalje.
Hennie en Werdie van Staden en Wynand en Tiaan de Wit van Pretoria Boogskietklub was as span ingeskryf. Dié twee pa-en-seun-kombinasies skiet vir Team Hoyt en hulle stap weg met ‘n goue medalje.
Die volgende kompetisie is aan die einde van Februarie in Tzaneen by Hoërskool Merenski. Dié Limpopo Bow Hunter Kampioen-skappe sal oor twee dae geskiet word, afstandskat tot 60 jaart.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.