Van Stadens in die kol

Leoni Kruger
LEPHALALE — Hennie en Werdie van Staden van Mogol Nyala Boogklub het Saterdag 15 Julie aan die Noord-Gauteng Adult Bow Hunters Ope (ABO)-kampioenskappe te Magnum Achery in Pretoria deelgeneem en weer eens goed gevaar.
Werdie neem deel in die Male Bow Hunter Ope (MBO) afstandskat tot 50 jaart en ten spyte van ‘n sterk wind behaal hy die hoogste telling van die dag in afstandskat. Hy skiet 197 uit 200 en ontvang goud. Hennie neem deel in die Male Senior Release (MSR)-afdeling afstandskat 45 jaart en skiet 190 uit 220. Hy behaal ook goud.
Die Van Stadens neem Sondag 16 Julie aan die Noord-Gauteng Field-kampioenskappe, afstandskat tot en met 70 jaart, deel by Archers Edge in Pretoria.
Werdie verloor sy eerste plek met een punt in die Adult Male Freestyle Unlimited (AMFU) en hy skiet 541 uit 560.
Hennie neem deel in die Adult Male Bow Hunter Unlimited (AMBU) en behaal die hoogste telling van die dag met ‘n telling van 518 uit 560.
Nie Hennie of Werdie het medaljes ontvang nie, want om te kwalifiseer vir ‘n medalje moes skuts vir twee dae aan die Field-kampioenskappe deelneem en hulle het net die Sondag deelgeneem.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.