Van Stadens is boog se baas

LEPHALALE — Hennie en Werdie van Staden van die Mogol Nyala Boogklub het op 9 en 10 September aan die Adult Bow Hunter Ope (ABO) se derde been te Hartebeespoortdam deelgeneem.
Werdie neem deel in die Male Bow Hunter Ope afstandskat tot 50 jaart en behaal Saterdag 9 September die beste telling vir die dag, naamlik 207 uit 220. Op die tweede dag behaal hy 189 uit 220 en hy verower ʼn goue medalje vir die naweek se uitmuntende spel.
Hennie neem deel in die Male Senior Release (MSR) afstandskat 45 jaart. Hy behaal op die eerste dag 182 uit 220 en op die tweede dag 184 uit 220. Hy mis sy goue medalje met ses punte. Pa en seun wen albei die Triple Crown vir 2017.
Hulle was verlede jaar ook Triple Crown wenners.
Die naweek van 16 en 17 September het hulle aan die Johannesburgse Fieldkampioenskappe in Alberton by Filters Harold se roseplaas deelgeneem. Beide dae het Werdie aan die AMFU (Adult Male Freestyle Unlimited) tot en met 70 jaart deelgeneem. Op die eerste dag behaal hy 532 uit 560 en op die tweede dag skiet Werdie tot en met 80 jaart en behaal die hoogste telling vir die dag met 541 uit 560. Met die twee dae se tellings mis Werdie die goue medalje met slegs twee punte. Beide is nasionale tellings.
Hennie het aan die AMBO (Adult Male Bow Hunter Open) deelgeneem. Die eerste dag skiet Hennie tot en met 70 jaart en behaal ’n telling van 525 uit 560. Die tweede dag skiet Hennie tot en met 80 jaart en behaal 529 uit 560. Dié goeie tellings besorg aan Hennie ʼn goue medalje. Dit is ook nasionaal kwalifiserende tellings.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.