Van Stadens kry weer goud

Werdie en Hennie het albei in die middel van die elfring op die swartwitpens geskiet tydens ‘n groepkompetisie. Hennie sê van die ander skuts het so verkeerd geskat dat hulle pyle liewers verwyder is!

Leoni Kruger
LEPHALALE — Hennie en Werdie van Staden van Mogol Nyala Boogklub het onlangs aan die Limpopo African Bow Hunter Ope (ABO) kampioenskappe by Zondela Lodge deelgeneem. Sowat 300 skuts vanoor die hele land het aan dié kompetisie deelgeneem.
Werdie het in die Male Bow Hunter Ope (MBO) afdeling met afstandskat tot 50 jaart ‘n goue medalje losgeskiet met ‘n uitstekende telling van 198 uit 220. Hy word aangewys as Limpopokampioen.
Hennie ontvang ook ‘n goue medalje in die Male Senior Release (MSR) afdeling met afstandskat tot 45 jaarts. Sy wentelling is 201 uit 220. Dit is die hoogste telling van al die afstandskat-skuts vir die dag.
Die twee Van Stadens het ook aan ‘n groepskompetisie deelgeneem. Die groepe het bestaan uit tussen agt en tien skuts in ‘n groep en Pa en Seun was saam in ‘n groep. Die afstandskat was 48 jaart. Werdie se afstandskatting was in die kol en hy het sy pyl reg in die elfring geskiet. Hennie het die afstand geskat op 43 jaart, maar hy skiet ook in die middel.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.