Van Stadens skiet skitterend

Die skitterende Van Stadens!
Die skitterende Van Stadens!

Leoni Kruger
LEPHALALE — Hennie en Werdie van Staden van Mogol Nyala Boogklub het die naweek van 14 en 15 Mei aan die Field Limpopo-kampioenskappe te Thabazimbi deelgeneem. Daar was geskiet tot en met 80 jaart met 112 pyle per dag.
Werdie het in die Adult Male Field Unlimited (AMFU) kategorie die eerste dag 540 uit 560 en die tweede dag 539 uit 560 geskiet. Hy mis sy goue medalje net-net. Albei tellings is egter nasionale kwalifiserende tellings.
Hennie neem deel in die Adult Male Bowhunter Unlimited (AMBU) en skiet die eerste dag 528 uit 560 en die tweede dag 521 uit 560. Hy behaal goud met een nasionale kwalifiserende telling (528).
Die naweek van 21 en 22 Mei neem hulle deel aan die tweede been van die ABO (Africa Bow Hunter Organisation) kampioenskappe te Krugersdorp. Meer as 300 skuts van regoor die land het deelgeneem met meer as 100 laerskoolskuts wat die Saterdag deelgeneem het.
Werdie skiet in die Male Bowhunter Ope (MBO) afstandskat tot 50 jaart en behaal die eerste dag 190 uit 220 en die tweede dag 182 uit 220. Hy ontvang goud met een nasionale kwalifiserende telling.
Volgens Hennie was die baan baie uitdagend en het hulle berg-op en berg-af gestap. Vir hom was dit egter ‘n baie goeie naweek en hy word aangewys as die beste skut van die dag in afstandskat-kategorie.
Hennie neem deel in die Male Senior Release (MSR) afstandskat tot en met 45 jaart en behaal die eerste dag 195 uit 220. Die tweede dag behaal hy 194 uit 220. Hy ontvang goud vir albei dae en albei tellings is nasionale kwalifiserende tellings.
Beide Hennie en Werdie skiet die naweek van 28 en 29 Mei te Hartbeespoortdam in die Noord Transvaal SANA-kampioenskappe afstandskat tot en met 60 jaart.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.