Van Stadens: skote petoors!

Hennie en Werdie
Hennie en Werdie

Leoni Kruger
LEPHALALE — Daar is net nie einde aan die gedugte Van Staden pa-en-seun boogskuts van Mogol Nyala boogklub nie. Hulle het die naweek van 13 en 14 Februarie deelgeneem aan die SA’s van die African Bow Hunters Organisation (ABO leg one) by Magnum Archery in Pretoria.
Werdie neem deel in die AMBO (African Male Bow Hunters Open Free Style) kategorie en skiet op die eerste dag 196 uit 220. Op dag twee skiet hy 194 uit 220. Hennie neem deel in die MSR (Male Senior Release Leg 2) en skiet op dag een 193 uit 220 en 190 uit 220 op die tweede dag. Albei Van Stadens se tellings kwalifiseer vir SA kleure en hulle ontvang goue medaljes.
Op 19 – 21 Maart neem hulle te Hartebeespoortdam deel aan die SA Field-kompetisie waar hulle skiet tot en met 80 jaart. Werdie neem deel in die AMFU (Adult Male Freestyle Unlimited) kategorie. Hy skiet 546 uit 560 op dag een, 549 uit 560 op dag twee en ‘n voltal op dag drie. Hy stap weg as die SA Field kampioen en ontvang ‘n goue medalje. Hy verwerf dus provinsiale sowel as nasionale kleure.
Hennie neem deel in die AMBU (Afican Male Bow Hunter Unlimited) kategorie en skiet 535 uit 560 op dag een, 530 uit 560 op dag twee en 558 uit 560 op die derde dag. Hy ontvang ‘n silwer medalje.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.