Van Stadens stel nie teleur nie

Hennie en Werdie van Staden van Mogol Nyala Boogklub

LEPHALALE — Hennie en Werdie van Staden van Mogol Nyala Boogklub het Saterdag 19 Augustus aan die Adult Bow Hunters Ope (ABO) se Noord-Gauteng Kampioenskappe te Archers Edge in Pretoria deelgeneem.
Werdie skiet 197 UIT 220 in die Male Bow Hunter Ope (MBO) afstandskat tot 50 jaart en ontvang ‘n goue medalje.
Hennie skiet 190 UIT 220 in die Male Senior Release (MSR) afstandskat tot 45 jaart en hy ontvang ook goud.
Hulle skiet Sondag 20 Augustus in die Fields-kampioenskappe by ‘n wildreservaat sowat 30 km buite Potchefstroom.
Hennie sê die Fields-kampioenskappe, afstandskiet tot en met 70 jaart, het eintlik oor Saterdag en Sondag gestrek, maar dit het oorvleuel met die ABO in Pretoria, dus het hulle net Sondag deelgeneem.
Pa en Seun behaal albei nasionaal kwalifiserende tellings.
Werdie skiet 543 uit 560 en Hennie 526 uit 560.
Hulle neem die naweek van 26 Augustus deel aan ‘n Bow Hunter Ope in Thabazimbi.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.