Van Stadens vat weer goud

Leoni Kruger
LEPHALALE — Die gedugte pa-en-seunspan, Hennie en Werdie van Staden van Mogol Nyala Boogklub, het die afgelope Saterdag aan die Mpumalanga African Bow Hunters Ope (ABO) kampioenskappe te Marble Hall deelgeneem en uitstekende tellings behaal. Sowat 160 skuts het deelgeneem.
Werdie het in die African Male Bowhunter Ope (AMBO) afdeling, afstandskat tot 50 jaarts, ‘n uitstekende 204 uit 220 geskiet en hy ontvang goud.
Die naaswenner was Pierre van Wyk, die stigter van die ABO, met ‘n telling van 186 uit 220.
Hennie neem deel in die Male Senior Release (MSR)  afdeling, afstandskat tot 45 jaarts en skiet ‘n baie goeie 195 uit 220. Hy ontvang ook goud. Die naaswenner, Ouentin du Preez van Warmbad, skiet 184 uit 220.
Die twee Van Stadens neem die naweek van 24 en 25 Junie deel aan ‘n Field-byeenkoms, afstandskat tot 80 jaarts, by Archers Edge in Pretoria.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.