Vinniger, verder, beter

LEPHALALE — Die Interkleuter-skolesportdag wat Saterdag 17 Februarie deur Laerskool Ellisras Kleuterskool aangebied was, het alle verwagting oortref en dit word bestempel as die beste nog!

Lorraine van der Watt, hoof van Laerskool Ellisras Kleuterskool, het die ouers, oumas en oupas, ooms en tannies, niggies en nefies op ʼn volgepakte pawiljoen verwelkom en die onderskeie kleuterskole asook ouers bedank dat hulle die moeite gedoen het om hul kleuters aan die sportdag te laat deelneem.

Dié klein uitbundiges én skugteres van Laerskool Ellisras Kleuterskool, Fort Asjas, Kabouterland, Sonskynparadys, Olyfboompie, Babbelbekkies, Kammaland en Olka Polka kleuterskole het gewys wat op dié jeugdige ouderdom in hulle steek. Resies, gewigstoot, verspring en hoogspring was van die items op die program waaraan deelgeneem is.

Dit is byeenkomste soos dié waar kleuters reeds vroeg in hul lewens blootgestel word aan deelname wat sosialisering op kompeterende vlak moontlik maak.

Meer foto’s beskikbaar op die Mogol Pos Facebook-blad

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.