Waterberg-proewe

Bossies-deur-na-kringproewe

Jimmy du Plessis
LEPHALALE — Vier seuns van Laerskool Bosveld Primary het Vrydag 19 Augustus tydens die Kringproewe vir hulself ‘n plek oopgespeel om eerskomende Saterdag aan die Waterberg Streekproewe deel te neem. Die seuns is Ruan Mostert en Erhard Geyser (albei o. 11), Tebogo M’khomazi (o. 12) en Dillen Buys (o. 13).
Laerskool Bosveld Primary het ook ‘n goeie week met hul ligawedstryde teen Laerskool Warmbad gehad, waar drie van die vier spanne hul wedstryde gemaklik gewen het. Die o. 10-span het met agt paaltjies gewen en Albert von Rönge het 37 lopies aangeteken. Die o. 11-span wen met 95 lopies en Ruan Mostert het ‘n pragtige 96 onoorwonne lopies aangeteken. Die tweede span het ook gemaklik gewen met 88 lopies danksy ‘n vegtersbeurt deur Robbie de Klerk van 47 onoorwonne lopies.
Die eerste span verloor met een paaltjie ten spyte van Dillen Buys se puik 56 lopies.
Die Bossies sien uit na hul deurslaggewende ligabepaling teen Laerskool Thabazimbi wat op 6 en 8 September plaasvind.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.