Welgedaan Loutjie!

Hoërskool Ellisras atleet Lourens Steenekamp saam met VSA naelloper Tyson Gay
Hoërskool Ellisras atleet Lourens Steenekamp saam met VSA naelloper Tyson Gay

LEPHALALE — Drie uitstaan atlete van Suid-Afrika, naamlik Micha Ribbens, Lourens (Loutjie) Steenekamp en Armand Van Zyl het onlangs aan die eerste Penn aflos-byeenkoms in Amerika deelgeneem.
Die geleentheid het hoërskole, professionele atlete en universiteite van regoor die wêreld die geleentheid gegee om teen mekaar mee te ding. Atlete vanuit onder meer die VSA, Jamaika, Barbados, Duitsland, die Verenigde Koninkryk, Kanada het deelgeneem.
Die Penn-aflos is die grootste baan- en veldgebeurtenis in die wêreld buiten die Wêreldkampioenskappe. Meer as 100 000 toeskouers besoek die stadion oor ‘n tydperk van drie dae. Daar vind binne 72 uur elke vyf minute ‘n wedloop plaas en die meeste van die top-atlete in die wêreld neem deel in ‘n reeks van aflosse en individuele gebeure.
Lourens Steenekamp van Hoërskool Ellisras het meegeding teen 30 topklas 400 m hekkies-atlete. Steenekamp voltooi die wedren in 56.56 s in baie koue weerstoestande. Die kategorie word gewen deur Rayan Holmes van Jamaika in ‘n tyd van 52.47 s.
Die volledige uitslae is beskikbaar by: http://pennrelaysonline.com/Results/results.aspx?en=409
Atlete in die Penn-aflos het die geleentheid om beurse te kry van universiteite in die VSA, want daar is baie afrigters van verskillende universiteite wat die geleentheid bywoon. Steenekamp is deur Wagner Universiteit genader vir ‘n moontlike studiegeleentheid.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.