Welgedaan netbalspelers

LEPHALALE — Hoërskool Ellisras het op 25 April aan die eerste uitdunrondte van die Limpopo netbalproewe in Modimole deelgeneem.
Die o. 14-dogters wat gekies is, is Ilanè Geringer, Desirè Vermaak, Carol Mokwela, Reinette Alberts en Kahlodi Moremi.
Die o. 15’s is Ephesia Mashilo, Murangi Sithari, Thabitha Magoai en Ofentse Malinda.
Mosebudi Matsoma (o. 16) en Anri Spammer (o. 17) is ook gekies.
Die volgende rondte vind op 8 en 9 Mei in Polokwane plaas. Hoërskool Ellisras se beste wense vergesel hulle.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.