Wind wen duiwe

LEPHALALE — Die duiwe van Bosveld Duiweklub is Donderdag 28 Julie gelaai vir die volgende twee wedvlugte vanaf Kimberley wat ‘n afstand van 634 km vanaf Lephalale is.
Die eerste duif was Saterdag teen 16:08 in die dorp. Die eerste jong duif van Human Hokke is geklok teen ‘n spoed van 1 224 meter per minuut en die eerste ope duif, ook van Human Hokke, is geklok teen ‘n spoed van 1 222 meter per minuut.
Die wind het weer eens gewys wie is baas en dié wedvlug het ‘n oornagwedvlug geword met die duif van Human en Bokkas was goed geklok het Saterdag.
Die klokke is eers Sondagoggend 11:00 oopgemaak.
Human Hokke het weer sy regmatige plek in die klub teruggevat met Bokkas wat bewys het dat die Humans weet wat hul doen.

Uitslae Wedvlug 17
Human Hokke – 1, 3, 4
Bokkas – 2, 8, 9
Leon en Cora Nagel – 7, 19, 22
De Lange Hokke – 11, 12, 14
Fritz Harmse – 21

Uitslae Wedvlug 18
1) Human Hokke – 1, 3, 5
Bokkas – 2, 4, 10
2) Leon en Cora Nagel – 17, 19, 22
Fritz Harmse – 11
3) De Lange Hokke – 12, 14, 16

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.