Windbukse bo-baas!

Francois, Divan, Andre en Vian: Trofeë-wenners met unieke trofeë wat plaaslik vervaardig is
Francois, Divan, Andre en Vian: Trofeë-wenners met unieke trofeë wat plaaslik vervaardig is

Ria Wells
LEPHALALE — Deelnemers aan die windbukskompetisie wat Vrydagaand, 7 Oktober, in die Mogol Funksiesaal deur die Mogol skietklub aangebied is, het hulself gate uit geniet. Al was dit met windgewere het die adrenalien behoorlik gepomp.
Daar is met veer- sowel as gaswindbukse deelgeneem in twee kategorieë, een vir juniors onder 14 jaar oud en dan ‘n ope-afdeling. Daar is oor afstande van 25 meter vir gas- en 15 meter vir veerwindbukse geskiet.
Teikens is gekoop vir slegs R10 per teiken waarna tien skote geskiet moes word. Na afloop van die kompetisie is ‘n allemintige 980 skote geskiet!
Francois Badenhorst was baie tevrede met die opkoms. Van klein tot groot en selfs mense van sover as Pretoria het deelgeneem. Die jongste deelnemer was ‘n skrale vyf jaar oud en die oudste 62.
Francois is van mening dat hierdie bo-baas-kompetisie nie die eerste of laaste van sy soort gaan wees nie. Hy het almal wat deelgeneem asook die borge van harte bedank en hy nooi belangstellendes uit om by die skietklub aan te sluit. Skakel Mogolklub by 014 763 2427 vir meer inligting.
Wenners was as volg:
o. 14 Veerwindbukse – 1ste Divan Gerber, 2de Riaan Hattingh en 3de Xander Jones
o. 14 Gaswindbukse – 1ste Vian Badenhorst, 2de Ivan Bierman en 3de Vian Badenhorst
Ope-afdeling veerwindbukse – 1ste Andre Hattingh, 2de Donovan van der Linde en 3de Andre Hattingh
Ope-afdeling gaswindbukse – 1ste Francois Badenhorst, 2de Francois Badenhorst en 3de Tinus Ungerer.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.