Wintersport begin

Die o. 15’s wen 60-0

LEPHALALE — Hoërskool Ellisras se onderskeie wintersportspanne het Saterdag 22 April op eie bodem teen die spanne van Hoërskool Ben Viljoen meegeding en goed gevaar.
Die o. 14-rugbyseuns wen met ‘n telling van 25-5. Jan du Plessis druk twee drieë, Jacques Oberholzer en Marvin Mofokeng druk elk een drie en Bryson Webb slaag met ‘n strafdoel en ‘n doelskop. Volgens die afrigters is hierdie span sterk op pad na die Beeldtrofee.
Die o. 15-span het egter die glans gesteel met hulle ongelooflike wentelling van 60-0.
JP van Staden en Tokkie de Beer druk elk drie drieë, Janco Lötter druk twee drieë en Tiaan Malan en Elmo van Rooyen druk elk een drie. Ruan Basson slaag met vyf doelskoppe.
Die o. 16’s, tweedes en eerste span verloor hul wedstryde.
Die netbalspanne het gemengde welslae behaal. Die o. 14 A-span verloor 7-9, die B-span wen 9-6, die o. 15 A-span verloor 14-16 en die B-span wen 13-8. Die o. 16 A-span was egter die sterre van die dag met hul wentelling van 30-7.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.