Ystergimnaste van Swartwater

SWARTWATER — Swartwater Gimnastiekklub se Vlak 4-seunsgimnaste, Jadrin van Blerk, Niel Smit en Juan Jones, het op 15 September aan die Limpopokampioenskappe by die Matsportsentrum in Centurion, Pretoria deelgeneem.
Dié Bosveldseuns het ʼn algehele derde, vierde en vyfde plek in hulle ouderdomsgroep behaal en al drie van hulle het plek in die Limpopospan gekry.
Afrigters Yolande Vos en Melissa Gouws sê die manne is tans hard besig om voor te berei vir die Suid-Afrikaanse kampioenskappe wat in die komende Oktoberskoolvakansie plaasvind.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.