
VAALWATER — Zoey Joubert, hoofdogter van Laerskool Vaalwater, is Vrydagaand 10 November as Noordelike Streekitem-wenner aangekondig by die National Eisteddfods (NEA) Award Evening. Die geleentheid is gehou by die Sax Theatre in Southdowns naby Johannesburg.
Zoey sê die noordelike streek strek vanaf Makhado (Louis Trichardt) tot Pretoria. In dié wye streek wen sy die volgende items in die graad 7-kategorie:
Afrikaans komiese monoloog en Afrikaans verhalende prosa en verhalende poësie.
Zoey word afgerig deur Amanda Janse van Vuuren van Arte Ateljee in Bela-Bela.