Koekeloerder — 16 June 2017

Beste Redakteur en Kollega
Ek sit op my stoel en sien op die rekenaarskerm ‘n eenoog-minion met ‘n byskrif dat dit slegs in wiskunde gebeur dat mens 64 waatlemoene koop en niemand wonder hoekom nie!?
Ek hou my gevolglik eerder met woorde besig, maar selfs daarin lê verskuilde verwardheid. Op 10 Junie kies ek BOSVELDBLAASOPPADDA as my Afrikaanse woord van die dag op my Facebook-blad: (ek gee erkenning aan Struik se Die Natuurlewe van Suider-Afrika). ‘n Oorsese FB-vriend wat in Europa bly wil toe weet of bosveldblaasoppadda ‘n bomplanter is. Ek sien die blaasopaksie van ‘n selfmoordbomaanvaller en wens ek was so slim soos ‘n minion, want hoe moet ek verduidelik dat dit eintlik ‘n soort padda (pad/kikker) is?
Mevrou, het jy geweet as jy 64 waatlemoene koop het jy die laagste getal wat deur sewe verskillende getalle gedeel kan word!?
(Bron geraadpleeg: en.wikipedia.org/wik/64)
— Elsa

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.