Koekeloerder — 23 June 2017

Beste redakteur en Kollega
Ek sit na die langnaweek op my stoel. Dit voel of ek die wêreld só vanuit ‘n toeskoueroog bekyk en alles lyk en klink vir my bisar. Ek weet die bisarre is ook in en met mý.
Ons rommel reeds en nou mors ons verder met ons rommelstatus. Die berigte oor lykshuise waar ongekwalifiseerdes blykbaar lykskouings doen klink na ‘n riller wat deur skrywer Sir Alfred Joseph Hitchcock uitgedink kon wees.
  Fopnuus is ‘n ander ergernis en het die potensiaal om ‘n oorlog te begin. Tog is daar mense wat fopnuus as waar aanvaar en dit verder versprei.
Dis asof die mens al hoe meer doldriftig raak. Fanaties en onstuitbaar.
Mevrou, stem jy saam met die Romeinse spreekwoord wat seg al vergaan die wêreld ook, geregtigheid moet voortgaan?

— Elsa

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.