† Huldeblyk, Louis Francois Brits †

16 Junie 1966 – 13 Februarie 2018

Louis Francois Brits was ʼn persoon wat diep spore in die gemeenskap gelos het met sy groot hart en lekker lag. Elke kliënt by Matopi Ford se belange was op die hart gedra. Hy laat veral ʼn groot leemte in Matopi Ford se werkwinkel waar hy werkwinkelbestuurder was.

“My lewensmaat, ons vader, oupa, seun en broer is skielik uit ons lewens geneem op die ouderdom van 51 jaar, 8 maande en 28 dae. Louis was ontsettend lief vir sy vrou, kinders en kleinkinders en was ’n goeie man, pa en oupa.

Jou gelag en stem is nou stil Louis, maar ons dank God vir die tyd wat Hy jou aan ons geleen het om deel van jou lewe te wees.

Baie dankie aan die hele gemeenskap en almal wat hom geken het vir die ondersteuning, oproepe, smse, boodskappe en dankie aan almal wat die laaste eer betoon het.

Rus sag my Lief, mag jy in vrede rus”.

— Ronell, kinders en kleinkinders

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.