2 ernstig beseer

LEPHALALE — Bernard Coetzee (23) en Mulungisi Ncavulunga (36) is Woensdagoggend 15 Mei omstreeks 05:40 ernstig beseer in ʼn motorbotsing.

Volgens die polisieverslag het Coetzee met sy Kia Picanto stilgestaan om regs te draai en Ncavulunga het volgens inligting met sy Toyota Hilux oor ʼn rooi verkeerslig gery en Coetzee se voertuig getref by die Nelson Mandelalaan en Ngoako Ramatlhodi-interseksie.

Beide beseerdes is deur Honnetsweng EMS gestabiliseer en na die hospitaal vervoer.
Coetzee is ʼn werknemer van Exxaro en Ncavulunga werk by ʼn kontrakteursgroep vir Exxaro.

Teen druktyd was daar nie méér detail oor die voorval bekend nie.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.