2012-matrieks vang graad!

Sarika du Plessis, Ninette du Plessis, Lara Kotze, William Shaw, Deon Jacobs,
Franciska de Beer, MD Venter en Stephanus Schoeman

Fransa de Beer
LEPHALALE — Hoërskool Ellisras se matrieks van 2012 het amper geskiedenis gemaak te oordeel aan die hoeveelheid van hulle van vanjaar graad gevang het (of later vanjaar nog gaan ontvang.)
Die Noord-Wes Universiteit (NWU) het die afgelope week die onderskeie kursusse se gradeplegtighede aangebied en 2012 se matrieks was goed verteenwoordig.
William Shaw ontvang sy B Ing-graad in Meganiese Ingenieurswese en Deon Jacobs, Sarika du Plessis, Lara Kotze en Franciska de Beer ontvang hulle grade in Farmasie (Aptekerswese). Franciska word ook beloon met ‘n spesiale toekenning vir die beste Farmaseutiese Chemie-student. Sy verwerf haar graad met onderskeiding. Sarika du Plessis is tans besig met haar meestersgraad in Farmaseutika en Franciska de Beer in Farmaseutiese Chemie.
Die akademiese professie het met elke plegtigheid vooruit gestap en ‘n erewag gevorm vir die studente wat grade ontvang het.
Later die maand verwerf ook die onderwysstudente aan die NWU hulle grade. Die 2012-matrikulante wat dán graad vang is Bertus Goosen, Magdaleen du Plessis en Erma Weber.
MD Venter het verlede jaar sy B Com-graad behaal en vanjaar het hy sy honneurs ontvang as bestuursrekenmeester. Ilze Human behaal ook haar B Com-graad en voltooi haar honneurs by TUKS in Finansiële Rekeningkunde.
Die 2012-matrieks wat by TUKS studeer het en vanjaar graad gevang het is Janè Peens in Siviele Ingenieurswese. Marinè van den Berg maak een van die dae klaar met Tandheelkunde en Anine Coetsee met haar mediese graad.
Stephanus Schoeman het in Desember 2016 sy graad ontvang by die Universiteit van Stellenbosch in Bing (Elektriese en Elektroniese Ingenieurswese).
Ninette du Plessis wat in Lephalale woon, maar gematrikuleer het aan Hoërskool Driehoek in Vanderbijlpark, het vanjaar haar honneurs behaal in B Cur Verpleegkunde.
Enigiemand wat ook vanjaar graad gevang het maar wat uitgelaat is, stuur asseblief jou inligting en foto na sub@mogolpos.co.za
Baie geluk aan hierdie jongmense met uitstekende prestasies behaal. Mag hulle sukses behaal in alles wat hulle aanpak.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.