21 Bossie-atlete by Limpopo

LEPHALALE — Laerskool Bosveld Primary spog met 21 atlete wat Woensdag 26 Februarie aan die Limpopo-atletiekbyeenkoms te Polokwane deelgeneem en 12 medaljes ontvang het. Hulle het twee goue, drie silwer en sewe brons medaljes verower.

Die afrigters sê dit het baie sweet, harde werk en deursettingsvermoë geverg.  

“Welgedaan aan al die atlete met die suksesvolle seisoen en dat julle tot aan die einde volhard het. Ons sien uit om te hoor wie gaan kwalifiseer om in Maart vanjaar aan die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe deel te neem”.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.