24ste VLU Noord-kongres

MODIMOLLE — Die VLU Noord se 24ste kongres is op 6 en 7 Mei by Weesgerus te Modimolle gehou en almal wat daar was stem saam dat dit weer eens uniek en verrykend was.

Dames van VLU Ellisras wat die kongres bygewoon het is v.l.n.r.:
Martie van den Berg (voorsitter), Marika van Zyl (takskakel), Ria Thuynsma (beoordelaarsameroeper) en Delmarie van Zyl

Tharina Rossel, SAVLU Presidente, het die kongres geopen met die boodskap: “Ons het vandag Geestelike beskerming nodig om te oorleef teen die aanslae van die wêreld – hou vas aan Psalm 40:4”.

Dr Theo de Jager, President van die Wêreldbond van Landbou asook die VLU Noord se Persoonlikheid van die Jaar, het gesê hy is baie positief dat slegs landbou in staat is om die armoede en hongersnood in die wêreld hok te slaan en dat ’n vrou die hoeksteen is van haar gesin. Sy is die gom wat almal bymekaar hou en sy bring rustigheid.

Al die sprekers by die geleentheid het ’n positiewe boodskap oorgedra en die kongres is afgesluit met ’n optrede deur die bekende sanger Jakkie Louw. Hy het almal betower met mooi musiek en sy kwinkslae het die gehoor laat skaterlag.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.