3 Zims vas oor huisbraak

TOM BURKE — Lede van die Heritage Protection Group (HPG), ʼn privaat misdaadondersoekeenheid, saam met lede van Senyaka Nyaka sekuriteit, het Dinsdagoggend 14 Augustus drie verdagtes gearresteer in verband met verskeie huisbrake in die Baltimore/Tolwe-omgewing die afgelope tyd.

Daar is beslag gelê op verskeie gesteelde items

Die verdagtes, almal Zimbabwiese burgers, is in die vroeë oggendure in Mahwelereng en Moshate in die Mokopanedistrik gearresteer en daar is beslag gelê op onder meer ʼn Colt-bakkie, sonpanele, sonpaneelbatterye, bore en baie gereedskap.

Volgens Gawie Louwrens van HPG is een van die verdagtes positief verbind met huisbrake in Tom Burke in April vanjaar.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.