4 Rassie-onnies groet

Voor v.l.n.r.: Mariska Kemp, Elsie Louw, Tanya Tesnear en agter: Lloyd Seleka

LEPHALALE — Die personeel en leerders van Laerskool Ellisras het aan die einde van die skooljaar afskeid geneem van vier personeellede.
Skoolhoof Anton du Plessis het Lloyd Seleka, Mariska Kemp, Elsie Louw en Tanya Tesnear namens almal by die skool bedank vir die tyd wat hulle by die Rassies spandeer het. “Ons groet hulle met swaar harte. Julle was voortreflike kollegas en het diep spore in menige kinderhart getrap. Sterke vir julle nuwe lewenspad en die keuses wat julle gemaak het en moet maak. Mag julle sukses en seën ontvang. Ons gaan julle vir seker baie mis,” het hy gesê.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.